As jy ‘n huislike atmosfeer met baie liefde en toewyding aan kinders verkies, is Kraaines die plek om te wees. Meer as 30 jaar se uitstekende sorg het ons kennis en ervaring gegee wat geld nie kan koop nie. Ons maak voorsiening vir kinders van 3 maande tot 3 jaar oud. ‘n Ruim en veilige speelarea met uitstekende toesig gee jou gemoedsrus, terwyl jy by die werk is. Skriftelike terugvoer op ‘n daaglikse basis van aktiwiteite, behoorlike rekordhouding van toediening van medikasie, personeel het Noodhulpkursusse voltooi. Â
– – – – Dagmoeder Elize Pieterse – – – –
Voltooi die onderstaande inligting sodat ons U kan kontak, of skakel ons gerus om ‘n afspraak te maak indien U ons eers wil besoek. U kan ons skakel indien U nie binne 24 uur van ons gehoor het nie.